rsg – Broadcast Media

Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van SA (Okosa) registreer klagte na uitfasering van RSG-nuusbesprekingsprogram
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het die VF Plus vandag in kennis gestel dat ŉ klagte van die party teen die uitfasering van ŉ RSG-nuusbesprekingsprogram by die liggaam geregistreer is, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie.

Die betrokke program is die gewilde “Kommentaar” wat op Sondagaande uitgesaai is. Die uitfasering daarvan is glo deel van ŉ proses om ou programme met nuwes te vervang.

Adv. Alberts sê die VF Plus is van mening dat die SAUK met dié optrede sy lisensievoorwaardes en redaksionele beleid oortree aangesien die beleid bepaal dat die uitsaaier ten alle tye billikheid, onpartydigheid en balans moet nastreef en dat ŉ wye verskeidenheid standpunte geakkommodeer moet word.

“Die VF Plus verwelkom die feit dat Okosa so vinnig op die klagte reageer en vra nou dat dit vinnig en deeglik ondersoek sal word en dat stappe sonder verwyl geneem sal word om dié onbillike opdrag van die SAUK-bestuur tersyde te stel,” sê adv. Alberts.

Uitfasering van RSG nuusbesprekingsprogram ‘n oortreding van redaksionele beleid
Die VF Plus het vandag ‘n klagte by die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika ingedien oor die uitfasering van RSG se gewilde nuusbesprekingsprogram “Kommentaar” op Sondagaande wat glo deel is van die proses om ou programme met nuwes te vervang, sê Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor Kommunikasie en Dr Pieter Mulder, VF Plus nasionale leier.

Dit volg na ‘n berig in Rapport dat die SAUK-woordvoerder, Kaizer Kganyago wel op 18 Junie 2016 die uitfasering van dié program bevestig het.

Die VF Plus is van mening dat die SAUK se lisensievoorwaardes en redaksionele beleid oortree word aangesien die beleid bepaal dat die uitsaaier ten alle tye billikheid, onpartydigheid en balans moet nastreef en dat wye verskeidenheid standpunte geakkommodeer moet word.

Die VF Plus dring verder daarop aan dat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika die klagte moet ondersoek en verdere stappe teen die instansie neem om die onbillike opdragte van die SAUK-bestuur tersyde te stel.